| Die Belydenis van Athanasius :Website Builder |
| 1. Die Belydenis van Athanasius :2. Die Geloofsbelydenis genoem na Atanasius :3. Neergedaal het na die hel :4. Nuwejaarsfeesviering :5. 'Afgeslote' lys van heilige boeke |
| 5. 'Afgeslote' lys van heilige boeke |
|
Nuwe Testament Die kanoniseringsproses van die huidige vorm van die Nuwe Testament as kanon, bestaande uit sewe en twintig boeke, is de facto in Wes-Europa afgehandel op die Sinode van Rome (382 nC). Of dit spesifiek by hierdie geleentheid plaasgevind het, is ons nie heeltemal seker nie. Alle twyfel is wel deur die pouslike verklaring van Innosensius in 'n brief aan Exuperius, biskop van Toulouse, in ongeveer 405 nC, uit die weg geruim (McDonald 1995:195; vgl Du Toit 1978:273). Die besluit van die Sinode van Rome was hoofsaaklik die gevolg van Hieronimus se invloed (kyk Metzger 1987:234-236) en hy het op sy beurt sy standpunt gebaseer op die 39ste Paasbrief van Atanasius wat in 367 nC geskryf is (Hennecke/Schneemelcher 1963:59-60). In die navorsing is daar twyfel of die daarstelling van die Vulgaat deur Hieronimus (na aanleiding van Atanasius se lys) gedurende die periode c 384-395 nC (in opdrag van Pous Damasus) enigsins deur die besluit van die Sinode van Rome in 382 nC bekragrig is (kyk Ernst von Dobschiitz, in Metzger 1987:188). Dit is moontlik dat dit wat as die "besluit van die Sinode van Rome" gesien word, die verruimde weergawe van die Decretum Gelasianum (wat eers in die 6de eeu nC 'n finale vorm bereik het) kan wees (Du Toit 1978:273). Volgens Metzger (1987:188) gaan die manuskripte van die Decretum Gelasianum wel in fases terug na pouse Damasus, Hormisdas en Gelasius. Hoe dit ook al sy, Atanasius, biskop van Aleksandrie, was waarskynlik die eerste persoon wat na 'n "afgeslote" lys van heilige boeke (verwysende na wat vir ons bekend staan as die "Nuwe Testament") as kanon (kovcov) verwys het (Kummel 1975:350; McDonald 1995:222). Die gewoonte in die periode 329-373 nC dat die biskop van Aleksandrie 'n "Paasbrief geskryf het, gaan terug na die Sinode van Nicea in 325 nC (Bruce 1988:77-78; vgl McDonald 1995:220). Die Sinode wou die konflik in kerke oor die datum van die viering van Pase uitskakel en het aan die biskop van Aleksandrie opdrag gegee om jaarliks die datum van die volgende jaar se Pase vas te stel. In so 'n "Paasbrief het die biskop ook sake van ander belang aangeraak. In sy 39ste Paasbrief het Atanasius 'n lys van kanons opgeneem wat uit 27 geskrifte bestaan het. Dit is hierdie geskrifte wat die inhoud uitmaak van die Nuwe Testament as kanonieke bundel waarop die Sinode van Rome besluit het. Op die Sinode van Nicea in 325 het egter 'n ander lys van kanonieke boeke bekend geraak (wat wel groot ooreenkomste met die lys van Atanasius bevat ten opsKindEvTome van die sogenaamde "erkende" [6|joXoyou|jEva] Nuwe-Testamentiese geskrifte). Dit is die kopie van die vyftig "getestamenteerde" "heilige geskrifte" (kyk McDonald 1995:206-209) wat Eusebius, die biskop van Caesarea, in opdrag van keiser Konstantyn ter wille van die instruksie van die kerk moes maak.
|
| Laaste keer geredigeer: 2005 / Geplaas: 31 Maart 2017 |
